Deli Closed - Level 4 Alert Adjustment
Login

Guest Reviews

27/05/2021

Beste plek om by te trou . Ongelooflik venue . Die kos is uitboonste rakke en Helet, Belinda en Cronje bitter baie dankie

25/03/2021

Goeiedag Helet en span

Ons wil net BAIE BAIE dankie sê vir julle fantastiese diens met ons dogters Elané en Chanté se 18e Verjaardag-partytjie wat by julle gehou is op 20 Maart.

Elke personeellid wat betrokke was, was behulpsaam, vriendelik, en het alles op wonderlike manier hanteer!!

Die pizzas was liplek-lekker en die welkom-drankies soos iets uit Hollywood... en die kinders was mal oor die donuts!

Ook spesiale dank aan die 2 dames wat tot 22h00 ons bygestaan het - hulle is sterre.

Veral aan jou, Helet, 'n spesiale dankie vir al jou moeite... jy is 'n besondere mens met 'n pragtige hart. Jou reëlings het gesorg dat ons kinders se 18e partytjie vir altyd onthou sal word!

Baie seën vir julle almal by Lochs Hoek.... ons sien julle gou weer en sal met graagte vir julle aanbeveling of resensie op Facebook of internet doen!
Reviews